“I am going to make everything around me beautiful – that will be my life.” – Elsie De Wolfe.

 

 Marokkaanse muurpapier

 

Muurpapier is bekend daarvoor dat dit ’n indruk maak en gevoel aan ’n spasie gee. Dit is uniek en ongewoon. Ons kyk bietjie na Marokkaanse geïnspireerde reekse. St Leger & Viney se ingevoerde Cole & Sons muurpapier weerspieël die essensie van alledaagse Marokkaanse lewe met die natuur as fokuspunt. Hertex se Cape to Casablanca-reeks se naam sê sommer vir jou wat jy kan verwag. Muurpapier wat deur die mees indrukwekkendste stad in Marokko geïnspireer word.

 INDUSTRIËLE INSPO

 

Wolkberg Casting Studio se innoverende Limesite-sementresep wat ontwerpersteëls vervaardig is BELLA se nuwe obsessie! Wat dié teëls laat uitstaan is dat jy deel is van die ontwerpproses – jy kan selfs speel met die kleure en vorms om die perfekte resultaat te kry vir jou spasie. Teëls kan ook dan in verskillende patrone geplaas word om ’n ritmiese visgraat of mandjieweef patroon na te boots. Dit is ook ’n trots Suid-Afrikaanse produk! Besoek wolkbergcastingstudios.com.

 

 EKLEKTIESE  ENERGIE

 

Die eienares van JDV interior Designers, Judy De Villiers, sê só blaas jy ’n Marokkaanse geur in jou huis in:

  • Skep ’n atmosfeer deur gebruik te maak van slim beligting. ’n Kaboedel lanterns wat hul patrone laat dans op die mure, saam met saamgebondelde kerse vorm die regte warm gevoel. Sagte, geel lig is die antwoord hier. Versag jou huidige staanlampe se skerp lig deur gekleurde moeseliendoek oor te gooi.

ONTHOU!

Maak seker daar is genoeg spasie tussen die materiaal en die gloeilamp om enige gevare te voorkom.

  • More is more! Jy kan geil wees met die meng en pas van geometriese patrone.
  • Begin deur ’n basiskleur uit te kies en bou jou skema daarop, deur gebruik te maak van gekleurde strooikussings en lekker-sit leerottomans. Raam die interieur deur ’n aksentmuur in ’n snoesige kleur van jou keuse te verf. Hoe meer jy byvoeg, hoe meer suksesvol gaan die prentjie wees – voeg throws laag-op-laag by om die gevoel winter-ready te maak!

Leave a Reply

Close Menu